Hoe sterk is Knittex-sterk? Die treksterkte toets wys!
2 min Read

Wanneer jy soek na kwaliteit landbounette, dan is daar verskeie kenmerke wat jy in ag moet neem. Een hiervan is die rekbaarheid van die materiaal. Die nette moet sterk genoeg wees om ‘n swaar lading te kan hanteer en buigsaam genoeg om nie te skeur nie. Om hierdie standaard te handhaaf, plaas Knittex elke net onder toetse om seker te maak dit slaag.

Die Trek en Rek is ontwerp om die breukkrag en rekweerstend van die net te toets. Dit word soos volg gedoen: ‘n Stel monsters word gesny om die materiaal in die skering en inslag (breedte en lengte) te toets. Die monsters word een-vir-een getoets deur middel van ‘n treksterte toetser.

In hierdie video, word eers die monofilament se treksterkte getoets om te kyk hoeveel lading die materiaal kan hanteer. Volgende word die monsters eers getoets om te kyk of dit voldoen aan die spesifikasies. Laastens word die monsters getoets om te wys hoe sterk die aanhegtingspunte is.

Hierdie toetse word herhaal vir elke bondel net wat vervaardig word. Alle materiaal wat Knittex verskaf voldoen dus aan die ASTM D5035 en ASTM D5034 standaarde?

Share this article

STAY CONNECTED

STAY CONNECTED